Alter Bridge

Alter Bridge
Alter Bridge tree in 2017 by Rock am Ring op.
Agtergrondinligting
OorsprongOrlando, Florida, VSA
GenresPost-grunge, Hardrock
Jare aktief2004-hede
EtiketteWind-up, Universal Republic, Roadrunner, EMI, DC3 Global
AssosiasiesCreed, The Mayfield Four, Projected
WebwerfAmptelike webblad
LedeMyles Kennedy
Mark Tremonti
Scott Phillips
Brian Marshall

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Die logo wat die groep op hul CD’s gebruik.

Alter Bridge is ’n Amerikaanse rockgroep wat in 2004 gestig is in Orlando, Florida deur Mark Tremonti (hoofkitaar), Bryan Marshall (baskitaar), Scott Philips (tromme), destyds voormalige lede van Creed,[1] en Myles Kennedy, voorheen van die groep The Mayfield Four. Sedert die stigting van die groep is al die oorspronklike lede steeds lede. Die groep se naam is ontleen aan ’n werklike brug wat bestaan het in Detroit, Michigan naby waar Tremonti se huis langs Alterweg was.

Na die ontbinding van Creed in 2004 het Tremonti, Marshall en Phillips met Kennedy begin saamwerk. Die groep het vier albums vrygestel—One Day Remains (2004), Blackbird (2007), AB III (2010) en Fortress (2013); twee konsertrolprente— Live from Amsterdam en Live at Wembley — en het steeds opnames gedoen en getoer ten spyte van Creed se reünie in 2009. Sedertdien het die twee groepe gelyktydig gewerk. Die lede van Alter Bridge is ook betrokke by verskeie ander projekte insluitend Creed, solo- en sessiewerk en Kennedy se samewerkings met die voormalige kitaarspeler van Guns N' Roses, Slash.

Teen Junie 2023 het Alter Bridge meer as vyf miljoen opnames wêreldwyd verkoop.[2]

  1. "Alter Bridge" (in Engels). Allmisuc. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2019. Besoek op 2 Oktober 2013.
  2. Alter Bridge’s Greatest Moments Spin verkry Maart 2023

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search